Riebeeckstad Erfdeel


Musiekbediening het mense nodig wat die klank & proksima op Sondae kan hanteer.....
Christus Alles en in Almal
Bedieninge

Die gemeente fokus intens op Koninkrykswerk deur middel van bedieninge, waar elke gemeentelid vrylik sy / haar genadegawes ten volle kan uitleef.

Bedieningsareas

Diens aan God deur diens aan ons naaste is 'n opdrag van God (1 Pet 4:10). Gelukkig het God ons beveel om te dien presies soos Hy ons gemaak het : op grond van die gawes wat Hy ons gegee het.

Efe 4:11 "en dit is die gawes wat Hy gegee het: Apostels, profete, evangeliste en herders en leraars. Sy doel was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus"

Verskeie genadegawes word in die Bybel vir ons beskryf (sien 1 Pet 4: 11, Efe 4: 11, 1 Kor 12:8 ens). Wat wonderlik is, is dat God vir ons elkeen 'n plek in Sy Liggaam (die Kerk) gegee het EN ons dan elkeen toegerus het met die perfekte gawes om die Liggaam op te bou.

Om jou genadegawe te ontdek moet jy jou passie (n Godgegewe begeerte), jou eie besondere gawes en jou persoonlike styl (of persoonlikheid) ontdek. Kursusse word jaarliks aangebied om lidmate te help om te identifiseer waar GOD hulle wil gebruik in Sy Liggaam, tot Sy eer.

Die bedieningsarea hieronder genoem is maar 'n paar, en ons glo die begin van baie areas waar gelowiges hulle besondere gawes kan uitleef.

Die volgende bedieningsareas is tans aktief in Erfdeel gemeente

Eredienste
Sondae oggende om 08h45

Gebedsgroepe
Veskeie Gebedsgroepe vergader gedurende die week.
Die Gebedsgroepe staan onder leiding van Linda van Deventer. Tel:057-3884811

Omgeegroepe
Deur omgeegroepe word gelowiges deur die gemeenskap met mekaar opgebou om die liefde van God aan almal sigbaar te maak. Kontak Koos van der Merwe Tel:057-3885540 of 0824556070

Bybelstudie groepe
'n Groep vroue kom een maal per week bymekaar, tans Woensdae oggende om 11 uur, en doen Bybelstudie. Die materiaal waaruit die studie gedoen word word deur die vroue self bepaal nav die behoeftes wat in die groep bestaan. Die ouderdomsverspreiding wissel vanaf 28 tot 55 jaar, almal is dus welkom, ook enige denominasie.Die groep spreek ook behoeftes aan wat bestaan by gemeentelede veral tov materiële versorging soos klere, voedsel ens. Persone in nood se name word ook tydens die Bybelstudie aan almal deurgegee vir gebed.
Kontak Paula Opperman Tel 057-3883610 of 084 2061208
Daar is ook Bybelstudie vir huishulpe Woensdae 16h00 tot 17h00.

Nuwe Lidmate
Die Erfdeler aan diens by die inligtingstoonbank sal na Eredienste jou inligting neerskryf en stuur aan Tannie Mariet van Niekerk Tel: 057-3881351 of 083 3197491 . Tannie Mariet sal 'n afspraak met jou maak waarna jy besoek sal ontvang.

Armesorg
Mannasakke word beskikbaar gestel aan gemeentelede vir vrywillige donasies. Hierdie donasies (kos, klere of toiletware) word dan op 'n daaglikse basis aan behoeftige gemeentelede verskaf.

Senior Lidmatesorg
Daar bestaan 'n sterk senior lidmate omgeegroep wat eenmaal per week vergader. Die ken-mekaar-klub (sosiale klub) kom ook een maal per maand bymekaar vir uitstappies en lekker kuier.
Kontak Tannie Huibrecht Löhn Tel: 057-3883766

AGALLAIO - Koordansgroep
Agallaio oefen elke Dinsdagaand van 19:00 tot 20:30 in die kerkgebou. Nuwe lede is altyd welkom.

Kontak persoon: Leonie van der Linde
Tel. N/u : 057-3881545
Sel: 0822022519